Wednesday, 23 March 2016

Die afgelope kwartaal het ek baie geleer oor hoe ek as onderwyserres elektroniese "tools" kan gebruik in my klaskamer om my les meer interessant te maak vir die leerders om op die einde van die dag iets te leer om dat hulle nie verveeld is nie. Ek het ook geleer om my les interessant te maak sonder elektroniese hulp, maar om terug te gaan na die "basics" soos die swartbord, plakkate en selfs om die leerders betrokke te kry in die klasaanbieding. 'n Mens kan so baie elemente gebruik om klas aan te bied, jy moet net gewillig wees om die moeite en tyd daarin te sit, anders is dit vervelig vir die leerders.

Wat ek ook geleer het is dat ons as onnies moet weet hoe elektroniese tegnologie werk om sodoende dit effektief te gebruik sonder om die leerders se tyd te mors.

Wednesday, 16 March 2016

Mindfulness bo!


Hierdie week se artikel is vir my baie interessant en ek is baie opgewonde om daaroor te blog!

Ek dink dit is baie belangrik om kinders die nodige vaardighede aan te leer om bewus te wees van hoekom iets gebeur en hoe om in beheer te wees van ‘n situasie. Dit sal ook baie voordelig vir my as onderwyserres wees om so ook dissipliene en samewerking in die klas te kan handhaaf sonder om my top te blaas en my naam op die ou-einde van die dag deur die modder te sleep. Abby Wills het ‘n goeie voorbeeld gebruik vanuit haar klaskamer waar sy gesukkel het om dissipline en samerwerking te handhaaf. Sy het probeer om die saak in haar eie hande te neem net om te keer dat die leerders nie so ‘n lawaai maak in die oggende as hulle die tafels moet skuif nie. Deur om ‘n baie kreatiewe manier te gebruik om ‘n samewerkende klas te hê het sy die leerders bewus gemaak van hoe plesierig dit is wanneer die taak in ‘n stil manier uitgevoer word, sonder dat sy op hulle hoef te gil en haar stembande beseer om gehoor te word.

Dis soos sy gesê het:”It’s the journey, not the destination.”

Ek dink “mindfulness” is ‘n vaardigheid wat almal moet aanleer en nie net die leerders in my klas nie.

Tuesday, 8 March 2016

Explore!

Deesdae se onderwys is baie gestandardiseer, almal moet dieselfde manier van onderrig volg. Dit het gewoonlik die gevolg dat kinders net in die skoolbanke sit en niks inneem nie, want hulle is meerderheid van die tyd verveeld. Hierdie sisteem het gewoonlik 'n baie onderdrukkende geaardheid van die onderwyser praat en die leerder sit stil en luister. Daar vind eintlik baie min kommunikasie tussen onderwyser en leerder plaas.
Ek dink hierdie sisteem moet verander, want die onderwyser weet nie noodwendig meer as die leerder nie, dalk weet die leerder iets wat die onderwyser nie weet nie. Dus is dit noodsaaklik dat 'n mens moet gaan kyk na die "flipped classroom" konsep, met tegnologie. Onderwysers kan vir die leerders 'n onderwerp gee waaroor hulle moet navorsing doen en dan dit voordra in die klas, so leer die leerders self en hulle leer die onderwyser ook iets wat hy/sy dalk nie geweet het nie.
Wanneer 'n mens tegnologie inkorporeër kan dit 'n groot voordeel wees tot die leerder se vermoë om inligting te verwerk en te leer en so ook vir ander iets te leer met byvoorbeeld; powerpoint-slyfies, youtube videos en ander mediums.


Leerders moet nie soos poppe aan toue beheer word nie, hulle moet die Vryheid hê om self te leer op hul eie manier. Hulle moet nie ingeboks word nie, wel riglyne ontvang van die onderwyser tot 'n mate.

Wednesday, 2 March 2016

Sosiale media: Bly gekoppel!

Soos die artikels gesê het is sosiale media 'n baie goeie manier om die leerders op hoogte te hou met toets of taak datums wat verander. Dit laat ook toe om interaksie nie te beperk tot net die klaskamer nie, maar dat leerders buite die klas nogsteeds kan interaksie hê met die onderwyser en mede klasmaats.


Sosiale media help leerders om buite die boks te dink en dit hou hulle ook ophoogte met die nuutste maniere om inligting te deel met ander.


Nadele wat hierdie benadering mag inhou is dat leerders dit dan afleer om van aangesig-tot-aangesig met mekaar en die onderwyser te kommunikeer, hulle kan op 'n manier die sosiale media gebruik as 'n muur of skerm om agter te skuil. 'n ander nadeel kan wees dat nie alle leerders het die fasiliteite en toegang tot sosiale media nie en mag dalk agter raak met werk en 'n kans om deel te word van die groep. As 'n goeie onderwyser is dit dan jou plig om in so 'n geval op te let watter leerders het so 'n probleem en dan te help waar jy kan, indien jy sosiale media gebruik as 'n onderwystegniek.


Andersins dink ek dit is 'n kreatiewe en innoverende manier om kinders te onderrig.

Tuesday, 23 February 2016

Decoding Digital Pedagogy

Digitale pedagogie is 'n moeilike onderwerp om oor die debateer, want is dit 'n goeie onderwys metode of is ons net te afhanklik van tegnologie om ons te help om die boodskap oor te kry.


Dit is moeilik om in vandag se vinnige lewe nie gebruik te maak van tegnologie nie, want dit is soveel vinniger en meer netjies om gou-gou op word iets te tik of om slides op powerpoint te maak.
Ek verstaan dat dosente gebruik maak van skyfies deur die projektor, maar ek dink alle onderwysers en dosente moet darem 'n kursus loop om te weet hoe die goed werk, want partykeer neem hul so baie tyd op net om uit te "figure" hoe die rekenaar gekoppel is aan die projekter en hoe dit met mekaar kommunikeer. Dit is nogals frustrerend om te aanskou veral as jy presies weet wat hulle moet doen. Ek moes al 'n paar keer gaan help, en vir dieselfde dosent!


Tegnologie kan 'n leermiddel wees, veral as jy heeltemal verlore in klas geraak het met werk dan kan ek net 'n youtube-clip kyk wat my dan tonne help. In so 'n geval ondersteun ek tegnologie as leermiddel. Dit is soos die artikel sê,"Digital pedagogy calls for screwing around more than it does systematic study, and in fact screwing around is the more difficult scholarly work. Digital pedagogy is less about knowing and more a rampant process of unlearning, play, and rediscovery.". En ek stem saam, vir my is dit wat digitale pedagogie is.


Die ander problem is ook dat baie mense het nie toegang tot tegnologie nie. Dit is baie maklik om te sê,"Gaan tik hierdie en hierdie taak", of, " gaan soek so en so op met behulp van die rekenaar". Ja, daar is publieke rekenaarsentrums, maar dit kos ook geld. Ek verstaan dat alles net netjieser lyk wanneer dit getik is, maar miskien moet ons teruggaan na grondslagfase waar kinders geleer moet word hoe om netjies te skryf, ek glo dit is hoekom meeste mense se handskrif onleesbaar is in vandag se tyd, want hulle het verleer hoe om te skryf.

Monday, 15 February 2016

Digital Pedagogy

In die artikel van Paul Fyfe oor die gebruik van digitale pedagogie in die klaskamer, stel hy voor dat ons "kaal" moet begin klas gee. Met ander woorde ons moet onsself weer van vooraf leer om klas te gee sonder die hulp van elektroniese tegnologie, ons moet onsself stroop van elektroniese tegnologie.
Dit is nie verkeerd om elektroniese tegnologie te gebruik vir kreatiewe onderrig nie, maar 'n mens moet versigtig wees aangaande powerpoint aanbiedinge. Ja, dit is gerieflik om net die powerpoint op die skerm te sit terwyl jy kan aanhou met klasgee en dit is tydbesparend, maar dit kan baie vervelig wees vir die leerders of studente en kan in werklikheid veroorsaak dat hul niks geleer het gedurende die aanbieding nie.


Onderwysers moet weer leer om leerders die geleentheid te gee om "hands on" te leer, digital, maar sonder die elektroniese component. Iets wat met die hand gemanipuleer en kreatief gemaak kan word.


Paul praat ook van die "flipped class" konsep, waar die leerders of studente die navorsing en voorbereiding vir die klas gaan doen en dit dan aanbied in die volgende klas. Digitale pedagogie is 'n uitstekende metode vir die leerders om voor te berei vir die les, want dit stimuleer hul kreatiwiteit wat dan veroorsaak dat hul iets leer en so leer hul ook hul mede klasmaats. Die elektroniese komponent kan ook gebruik word, maar die kreatiwiteit kan beperk word en so ook dan die geleentheid om te leer.