Tuesday, 23 February 2016

Decoding Digital Pedagogy

Digitale pedagogie is 'n moeilike onderwerp om oor die debateer, want is dit 'n goeie onderwys metode of is ons net te afhanklik van tegnologie om ons te help om die boodskap oor te kry.


Dit is moeilik om in vandag se vinnige lewe nie gebruik te maak van tegnologie nie, want dit is soveel vinniger en meer netjies om gou-gou op word iets te tik of om slides op powerpoint te maak.
Ek verstaan dat dosente gebruik maak van skyfies deur die projektor, maar ek dink alle onderwysers en dosente moet darem 'n kursus loop om te weet hoe die goed werk, want partykeer neem hul so baie tyd op net om uit te "figure" hoe die rekenaar gekoppel is aan die projekter en hoe dit met mekaar kommunikeer. Dit is nogals frustrerend om te aanskou veral as jy presies weet wat hulle moet doen. Ek moes al 'n paar keer gaan help, en vir dieselfde dosent!


Tegnologie kan 'n leermiddel wees, veral as jy heeltemal verlore in klas geraak het met werk dan kan ek net 'n youtube-clip kyk wat my dan tonne help. In so 'n geval ondersteun ek tegnologie as leermiddel. Dit is soos die artikel sê,"Digital pedagogy calls for screwing around more than it does systematic study, and in fact screwing around is the more difficult scholarly work. Digital pedagogy is less about knowing and more a rampant process of unlearning, play, and rediscovery.". En ek stem saam, vir my is dit wat digitale pedagogie is.


Die ander problem is ook dat baie mense het nie toegang tot tegnologie nie. Dit is baie maklik om te sê,"Gaan tik hierdie en hierdie taak", of, " gaan soek so en so op met behulp van die rekenaar". Ja, daar is publieke rekenaarsentrums, maar dit kos ook geld. Ek verstaan dat alles net netjieser lyk wanneer dit getik is, maar miskien moet ons teruggaan na grondslagfase waar kinders geleer moet word hoe om netjies te skryf, ek glo dit is hoekom meeste mense se handskrif onleesbaar is in vandag se tyd, want hulle het verleer hoe om te skryf.

Monday, 15 February 2016

Digital Pedagogy

In die artikel van Paul Fyfe oor die gebruik van digitale pedagogie in die klaskamer, stel hy voor dat ons "kaal" moet begin klas gee. Met ander woorde ons moet onsself weer van vooraf leer om klas te gee sonder die hulp van elektroniese tegnologie, ons moet onsself stroop van elektroniese tegnologie.
Dit is nie verkeerd om elektroniese tegnologie te gebruik vir kreatiewe onderrig nie, maar 'n mens moet versigtig wees aangaande powerpoint aanbiedinge. Ja, dit is gerieflik om net die powerpoint op die skerm te sit terwyl jy kan aanhou met klasgee en dit is tydbesparend, maar dit kan baie vervelig wees vir die leerders of studente en kan in werklikheid veroorsaak dat hul niks geleer het gedurende die aanbieding nie.


Onderwysers moet weer leer om leerders die geleentheid te gee om "hands on" te leer, digital, maar sonder die elektroniese component. Iets wat met die hand gemanipuleer en kreatief gemaak kan word.


Paul praat ook van die "flipped class" konsep, waar die leerders of studente die navorsing en voorbereiding vir die klas gaan doen en dit dan aanbied in die volgende klas. Digitale pedagogie is 'n uitstekende metode vir die leerders om voor te berei vir die les, want dit stimuleer hul kreatiwiteit wat dan veroorsaak dat hul iets leer en so leer hul ook hul mede klasmaats. Die elektroniese komponent kan ook gebruik word, maar die kreatiwiteit kan beperk word en so ook dan die geleentheid om te leer.