Hierdie
week se artikel is vir my baie interessant en ek is baie opgewonde om daaroor
te blog!
Ek
dink dit is baie belangrik om kinders die nodige vaardighede aan te leer om
bewus te wees van hoekom iets gebeur en hoe om in beheer te wees van ‘n
situasie. Dit sal ook baie voordelig vir my as onderwyserres wees om so ook dissipliene
en samewerking in die klas te kan handhaaf sonder om my top te blaas en my naam
op die ou-einde van die dag deur die modder te sleep. Abby Wills het ‘n goeie
voorbeeld gebruik vanuit haar klaskamer waar sy gesukkel het om dissipline en
samerwerking te handhaaf. Sy het probeer om die saak in haar eie hande te neem
net om te keer dat die leerders nie so ‘n lawaai maak in die oggende as hulle
die tafels moet skuif nie. Deur om ‘n baie kreatiewe manier te gebruik om ‘n
samewerkende klas te hê het sy die leerders bewus gemaak van hoe plesierig dit
is wanneer die taak in ‘n stil manier uitgevoer word, sonder dat sy op hulle
hoef te gil en haar stembande beseer om gehoor te word.
Dis
soos sy gesê het:”It’s the journey, not the destination.”
Ek
dink “mindfulness” is ‘n vaardigheid wat almal moet aanleer en nie net die
leerders in my klas nie.
No comments:
Post a Comment