Tuesday, 8 March 2016

Explore!

Deesdae se onderwys is baie gestandardiseer, almal moet dieselfde manier van onderrig volg. Dit het gewoonlik die gevolg dat kinders net in die skoolbanke sit en niks inneem nie, want hulle is meerderheid van die tyd verveeld. Hierdie sisteem het gewoonlik 'n baie onderdrukkende geaardheid van die onderwyser praat en die leerder sit stil en luister. Daar vind eintlik baie min kommunikasie tussen onderwyser en leerder plaas.
Ek dink hierdie sisteem moet verander, want die onderwyser weet nie noodwendig meer as die leerder nie, dalk weet die leerder iets wat die onderwyser nie weet nie. Dus is dit noodsaaklik dat 'n mens moet gaan kyk na die "flipped classroom" konsep, met tegnologie. Onderwysers kan vir die leerders 'n onderwerp gee waaroor hulle moet navorsing doen en dan dit voordra in die klas, so leer die leerders self en hulle leer die onderwyser ook iets wat hy/sy dalk nie geweet het nie.
Wanneer 'n mens tegnologie inkorporeër kan dit 'n groot voordeel wees tot die leerder se vermoë om inligting te verwerk en te leer en so ook vir ander iets te leer met byvoorbeeld; powerpoint-slyfies, youtube videos en ander mediums.


Leerders moet nie soos poppe aan toue beheer word nie, hulle moet die Vryheid hê om self te leer op hul eie manier. Hulle moet nie ingeboks word nie, wel riglyne ontvang van die onderwyser tot 'n mate.

1 comment:

  1. Ek stem saam dat die "flipped classroom" konsep baie meer benut moet word in ons klasse. Soortgelyke klas onlangs deur Dr. Joorst was vir my revolusionêr & ek sal dit self graag op gereelde basis eendag in my klasse wil toepas.

    ReplyDelete