In die artikel van Paul Fyfe oor die gebruik van digitale pedagogie in die klaskamer, stel hy voor dat ons "kaal" moet begin klas gee. Met ander woorde ons moet onsself weer van vooraf leer om klas te gee sonder die hulp van elektroniese tegnologie, ons moet onsself stroop van elektroniese tegnologie.
Dit is nie verkeerd om elektroniese tegnologie te gebruik vir kreatiewe onderrig nie, maar 'n mens moet versigtig wees aangaande powerpoint aanbiedinge. Ja, dit is gerieflik om net die powerpoint op die skerm te sit terwyl jy kan aanhou met klasgee en dit is tydbesparend, maar dit kan baie vervelig wees vir die leerders of studente en kan in werklikheid veroorsaak dat hul niks geleer het gedurende die aanbieding nie.
Onderwysers moet weer leer om leerders die geleentheid te gee om "hands on" te leer, digital, maar sonder die elektroniese component. Iets wat met die hand gemanipuleer en kreatief gemaak kan word.
Paul praat ook van die "flipped class" konsep, waar die leerders of studente die navorsing en voorbereiding vir die klas gaan doen en dit dan aanbied in die volgende klas. Digitale pedagogie is 'n uitstekende metode vir die leerders om voor te berei vir die les, want dit stimuleer hul kreatiwiteit wat dan veroorsaak dat hul iets leer en so leer hul ook hul mede klasmaats. Die elektroniese komponent kan ook gebruik word, maar die kreatiwiteit kan beperk word en so ook dan die geleentheid om te leer.
No comments:
Post a Comment