Digitale pedagogie is 'n moeilike onderwerp om oor die debateer, want is dit 'n goeie onderwys metode of is ons net te afhanklik van tegnologie om ons te help om die boodskap oor te kry.
Dit is moeilik om in vandag se vinnige lewe nie gebruik te maak van tegnologie nie, want dit is soveel vinniger en meer netjies om gou-gou op word iets te tik of om slides op powerpoint te maak.
Ek verstaan dat dosente gebruik maak van skyfies deur die projektor, maar ek dink alle onderwysers en dosente moet darem 'n kursus loop om te weet hoe die goed werk, want partykeer neem hul so baie tyd op net om uit te "figure" hoe die rekenaar gekoppel is aan die projekter en hoe dit met mekaar kommunikeer. Dit is nogals frustrerend om te aanskou veral as jy presies weet wat hulle moet doen. Ek moes al 'n paar keer gaan help, en vir dieselfde dosent!
Tegnologie kan 'n leermiddel wees, veral as jy heeltemal verlore in klas geraak het met werk dan kan ek net 'n youtube-clip kyk wat my dan tonne help. In so 'n geval ondersteun ek tegnologie as leermiddel. Dit is soos die artikel sê,"Digital pedagogy calls for screwing around more than it does systematic study, and in fact screwing around is the more difficult scholarly work. Digital pedagogy is less about knowing and more a rampant process of unlearning, play, and rediscovery.". En ek stem saam, vir my is dit wat digitale pedagogie is.
Die ander problem is ook dat baie mense het nie toegang tot tegnologie nie. Dit is baie maklik om te sê,"Gaan tik hierdie en hierdie taak", of, " gaan soek so en so op met behulp van die rekenaar". Ja, daar is publieke rekenaarsentrums, maar dit kos ook geld. Ek verstaan dat alles net netjieser lyk wanneer dit getik is, maar miskien moet ons teruggaan na grondslagfase waar kinders geleer moet word hoe om netjies te skryf, ek glo dit is hoekom meeste mense se handskrif onleesbaar is in vandag se tyd, want hulle het verleer hoe om te skryf.
Ek hou van jou blog! Daar is 'n paar goeie en kritiese gedagtes wat jy met jou leesers deel. Ek voel net ek stem nie saam met jou oor om YouTube videos te kyk om klas werk op te vang nie. Digitale pedagogie gaan oor baie meer as om na iemand vervelig op YouTube te luister. Ja, die boodskap word dalk oorgedra, maar nie op so 'n manier dat jy met ander klasmaats interaktiwelik kommunikeer nie. En dis ook die rede waarom ek glo dat klasse nie deur aanlyn onderrig sal vervang word nie, want leerders leer dan nie hoe om met mekaar effektief te kommunikeer nie, en onderwysers help ook leerders verder met ander probleme en leer hulle lewenslesse buite die akademiese konteks. Iets wat jy nie sommer op die internet sal kry nie.
ReplyDeleteVerder dink ek jy is 100% korrek as jy se dat baie Suid-Afrikaanse leerders het nie toegang tot tegnologie nie, maar ek glo dat onderwysers steeds meeste leerders kan aanmoedig om tegnologie deur middel van selfone te gebruik. Al beteken dit hulle moet 'n volle opstel op hul selfoon skryf en dit dan op 'n media platvorm met ander leerders deel.
Dankie vir jou blog, ek sien uit na die volgendes wat nog kom!
Love love love! Jy't 'n goeie manier om die artikels op ons eie konteks (soos die lektors wat sukkel met die projektors) toe te pas en dit maak dit soveel beter om te lees! Jy raak ook 'n baie goeie punt aan dat nie almal toegang het tot tegnologie nie. Dis so maklik om dit te vergeet, veral as jy gewoond is aan toegang tot jou eie tegnologie.
ReplyDeleteCool blog - hou aan skryf!
Jy raak 'n kwessie so na my hart aan in jou laaste paragraaf en dit is hoe die samelewing so vasgevang word met die idee dat almal altyd toegang tot alles het. Dit is goed dat jy die erens van skryf op grondslag fase ook aanraak. Dit is definitief iets waaraan ons as (toekomstige) onderwysers moet dink!
ReplyDelete